VOORWAARDES VIR GEBRUIK

 


Ons verskaf GEEN hulp of bystand met die programme nie, die speletjies is GRATIS.

U gebruik ons programmatuur op eie risiko, onder geen omstandighede sal 
MYABC of enige van sy agente verantwoordelik gehou word vir enige skade, 
mediese toestande, beseringe of enige verliese wat vooruitspruit uit die 
gebruik van ons programme nie.

Ons programme moet eers geaktiveer word alvorens u dit ten volle kan gebruik.
Die aktiveringsproses kan slegs op hierdie webtuiste gedoen word. 
Hierdie prosedure is beskikbaar by https://www.myabc.co.za/cda.asp

Ons maak geen waarborg van die opvoedkundige waarde van ons programme nie,
of dat dit enige aspek van kinders se vordering sal verbeter of bevorder nie.
Geen vereistes, standaarde of riglyne van enige organisasie of staatsinstansie
is gevolg of was bedoel nie. Ons sien ons programme hoofsaaklik as vermaaklikheid.
Ons is van opinie dat rekenaarspeletjies tot 'n minimum beperk moet word,
nie meer as 'n halfuur per dag nie. Speel die rekenaarspeletjies saam met jou kind, 
en ondersteun hom/haar op 'n opbouende positiewe manier.

Met die ontwikkeling van die programme probeer ons so ver moontlik slegs die
primêre kleure gebruik met die mees aanpasbare grafiek formaat, ons
kan egter nie waarborg dat die kleure korrek op u skerm sal verskyn nie.
Verseker asseblief dat die kleure wat u kind op die skerm sien korrek is.

Met die ontwikkeling van die programme het ons die "JP.TTF" skrif-tipe (FONT) 
gebruik, wat algemeen aanvaar word in primêre onderrig, ons kan egter nie 
waarborg dat hierdie skrif-tipe korrek op u rekenaar installeer is en/of 
korrek vertoon nie. Verseker asseblief dat die skrif-tipe wat u kind op 
die skerm sien korrek is.
Kliek hier om JP.TTF af te laai 

Ons programme gaan deur verskeie toetse om te verseker dat daar geen foute sal
wees wat verwarend sal wees nie (bv. spelfoute, verkeerde prentjie, verkeerde 
kleur, ens.), ons kan ek egter nie waarborg dat die programme foutvry is nie.

MYABC © Kopiereg 2004. Alle regte voorbehou. Die speletjies en alle 
inhoud daarvan asook  hierdie webtuiste behoort aan MYABC 
en word deur kopiereg beskerm.

U gebruik ons programme en hierdie webtuiste op eie risiko, onder geen 
omstandighede sal MYABC of enige van sy agente verantwoordelik gehou word 
vir enige skade of verlies wat vooruitspruit uit die gebruik hiervan nie.

Hierdie terme en voorwaardes maak die ooreenkoms tussen ons en u uit en deur 
gebruik te maak van ons webtuiste, speletjies en/of dienste aanvaar
u om daaraan gebonde gehou te word.

Geen versuim aan ons kant om enige van ons regte af te dwing sal onder enige 
omstandighede geag word as afstanddoening van sodanige regte te wees nie.

Rig enige navrae aan owner@myabc.co.za, e-pos van die eienaar van MYABC.
Let wel: GEEN help, bystand of rugsteun sal verskaf word nie.

Prentjies verskaf deur Clipart.com
Animasie en musiek verskaf deur StinkMedia
Programmering deur MadCow Games

VOORWAARDES VIR GEBRUIK | AFLAAI (DOWNLOAD) | AKTIVEER U SPELETJIE