Welkom by ons tuisblad

 
Opvoedkundige rekenaarspeletjies vir kinders.

Maak jou kind speel-speel skoolgereed:

 Rekenaarvaardigheid
 Natuur, diere en voorwerpe
 Kleure, vorms en groottes
 Spelling, letters en die alfabet
 Syfers, getalle en eenvoudige rekenkunde
 Sortering, uitkenning en verskille
 Volgorde, ooreenkomste en uitsoek
 Basiese lewensvaardighede
 

       
       


WAT ONS KLIŽNTE SÍ

Ek was een van jul kliente wat die heel eerste reekse gekoop het wat in die
Baba en Kleuter tydskrifte geadverteer was. Ek weet dit was begin deur die
eienaar wat dit op daardie stadium vir sy eie kinders begin doen het en toe
versprei het en vandaar het dit net groter en beter geword.
My dogtertjie was daardie tyd 2 of 3 jaar oud gewees.
Bianca word more 13 en gaan volgende jaar HoŽrskool toe.
Sy het lankal die programme ontgroei maar doen vandag so goed op skool
en 'n deel daarvan weet ek is as gevolg van die goeie basis waarop haar
onderrig begin het wat die ABC reeks ingesluit het.
Dit werk regtig en ek kan van die resultate getuig soveel jare later.
Gaan so voort !!
Marinda Engelbrecht

My erg aandagafleibare, hiperaktiewe 4 jarige dogtertjie het
gister byna een en 'n half uur stil gesit en speel!!
Dit was ongelooflik om dit te kon sien.
Geen ander produk of self medikasie kon dit nog regkry nie.
voorwaar 'n uitstekende produk!
Madelein Roos
Baie dankie vir Afrikaanse produkte waarop ons land opreg trots kan wees,
wat billik geprys is met uitstekende, vriendelike diens daarmee saam.
Danie Stoop

"My seuntjie is 4 en is mal oor diť program. Hy leer speel-speel.
Baie dankie vir die oulike opvoedkundige program.
Ek is self 'n onderwyseres en geniet dit om my kind te kan help."
Charlene Smit

Die volledige reeks MyABC rekenaarspeletjies is goedgekeur as hulpmiddel
en word tans gebruik deur GREY KOLLEGE PRE-PRIMÍR in Bloemfontein.
A Mould (Skoolhoof) Mei 2007

"MyABC is tops"
A Vosloo

"Dankie vir die deurlopened flink en vriendelike diens"
C Hartzenberg

"WAARDE VIR GELD!"
C Cloete

"'n Moet vir elke ouer wat sy kind 'n voorsprong wil gee."
C van Zyl

"Ek is baie beindruk. Ek is self 'n arbeidsterapeut wat spesialiseer in kinderopvoeding en
ek dink die program is baie omvattend. Ek dink arbeidsterapeute, onderwysers en ander
opvoeders of terapeute sal die program van waarde vind."
E van der Kolf

"Ek dink hierdie programme is ongelooflik vir 'n kind se ontwikkeling. Dit leer hulle om te
luister en te doen. Dit is verseker een van die heel beste geskenke wat mens vir jou kind
kan gee. "
H Esterhuizen

My kinders geniet die CD's geweldig baie, daar is iets vir elke luim!"
H du Plessis

"As jy regtig jou kind se belange op die hart dra moet jy die program aanskaf "
K Nieuwoudt

"Goeie produk vir kinders - moeite werd - positiewe uitwerking op hul
breintjies en konsentrasie en geheue "
P Munnik

"Definitief waarde vir geld - dit gee die kinders 'n voorsprong."
S Swanepoel

"Vergeet van rekenaarspeletjies wat jou kind nie stimuleer nie en
wat jou baie geld kos, hieride is nie net opvoedkundig nie, maar verbeter
konsentrasie en leer dan ook terselfdertyd om 'n rekenaar gewoond
te raak en ook om die sleutelbord korrek te kan gebruik."
M Nell

"Voorheen het ons dit gevrees as my dogtertjie voor haar pa se rekenaar gaan
sit het, nie een program sou ooit weer dieselfde wees nie! Maar nadat ons
van hierdie programme in die Baba & Kleuter gelees het, het ons net daar
besluit sy moet dit kry, en dit is boonop in Afrikaans. Sy geniet die
programme baie en sy weet nie eers dat sy besig is om te leer nie! "
F van Zyl

"Enige kind kan baatvind by hierdie speletjies. My dogtertjie is 4 en my seuntjie 9,
en altwee geniet dit ewe veel."
L Stevens

"Vir jong breintjies wat leer-mal is, is dit definitief 'n wonderlike produk.
'n Aanbeveeling vir kleintjies soos myne wat van rekenaars hou. Hulle kan hulle
breine stimuleer terwyl hulle leer hoe om met die rekenaar te werk.
DANKIE vir hierdie wonderlike AFRIKAANSE produk."
J Vosloo

"Opwindende en stimulerende leerproses vir die kleinspan en totale
gemoedsrus vir die ouers."
L le Roux

"Ons was baie in ons skik om te sien dat ons seuntjie hou van die inkleur
van die prentjies, aangesien hy glad nie daarvan hou om prentjies
op papier in te kleur nie. "
M Francis

"BAIE DANKIE MYABC, JULLE IS TOPS."
P Nel

"MY DOGTERTJIE IS 8, NOG NOOIT MET ĎN LAPTOP GEWERK NIE. EK HET HAAR
EEN KEER GEWYS HOE DIE MUIS OP DIE LAPTOP WERK. NIE NET HET SY DIT DIE
EERSTE KEER REG GEKRY NIE, MAAR IS OOK NOU BESIG OM HAAR BOETIE VAN 5 EN
HAAR PA VAN 34 TE LEER. DIE PROGRAM LEER DIE KINDERS NIE NET OM TE SPEL,
LEES EN LEER NIE MAAR OOK HOE OM REKENAAR VAARDIG TE WEES." >>
P Reyneke

"MyABC is 'n fantastiese program vir my 3 1/2 jarige dogtertjie. Dit leer
haar konsentreer en selfstandig dink en besluite neem, sonder dat ek
inmeng. En dan ook om die gevolge van haar besluite te dra, want sy hou
nie van rooi sterretjies nie! Dit is ongelooflike waarde vir geld. Jy
kan 'n paar minute per dag met jou kind spandeer en dit het ongelooflike
waarde vir haar. En kinders is mal daaroor!"
L van Niekerk

"Absoluut fantasties!! Wanneer een kind besig is, wil sy nie vir die ander 'n beurt
gee nie, hulle geniet dit vreeslik. Dankie myABC!!"
K an Wyk

"My seuntjie, 3 jaar, geniet die program baie en is vreeslik trots op homself
omdat hy op die rekenaar kan werk."
E Hayward

"Ek sal BAIE eerder nog van die MYABC reeks as speelgoed vir geskenke koop!"
D Beyer

"Goeie medisyne vir n kind wat dink hy speel rekenaarspeletjies maar eintlik leer hy."
A Jacobs

"My 3 jarige is baie woelig en ek sukkel om haar vir langer as 5 min te laat
stil sit en konsentreer, maar vandat sy die inkleur cd het, sit sy self die
cd in die rekenaar, begin die speletjie self en sonder my hulp kleur AL die
prentjies korrek in, somtyds sit sy tot 'n drie kwart uur en speel en ek het
haar een keer gewys wat sy moet doen. Die CD's is werklik baie opvoedkundig
& waarde vir jou geld."
L Collins

"Dit is 'n baie goeie program om kinders te leer van verskillende voorwerpe,
kleure en diere. Baie beslis 'n aanwins vir enige huishouding met klein kinders."
W Lewis

"BAIE GOED"
PJF Steyn

"MYABC is Puik en baie leersaam - die kinders geniet dit baie."
Erika

"Baie dankie vir die programme. Meerhofskool se leerders gaan nou op 'n
nuwe manier leer. Hulle gaan nou speel speel leer - soos kinders moet leer!"
Gertie du Plessis

"I think these products are excellent. Well done!"
Robert Smith



-=xXx=-



Gee jou mening




Tuis | Voorskou | Kontak | Bestel | Voorwaardes   
Wibakor Computer Consultants BK 1997/35379/23 H/A WCCSOFT
Kopiereg © 2004. Alle regte voorbehou.
Baie dankie vir u besoek.